Comedy Events In Potchefstroom
  • Mel die Storieverteller - AARDKLOP!!!- Dik Deurmekaar

Mel die Storieverteller kom AARDKLOP toe vir die heel eerste keer maar met haar tweede skerpskets komedie, DIK DEURMEKAAR!!! POK saal (C6) Met ‘n Netwerk24 Smaakmaker nominasie vir beste komediant en ‘n Bokkie nominasie vir beste vertoning is Mel die Storieverteller waarskynlik een van die grootste deurbraak komediante van ons tyd. Van internet sensasie na verhoog sensasie los sy gehore oppie-vloer van al die lag. Dik Deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen ‘stand-up comedy’ en ‘n verhalende een-vrou vertoning vervaag. Sy vertel van die eerste keer toe sy die sensasie deurmekaargeid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare begin vrede maak het met die warboel wat groot word is. Mel lewer snaakse waarnemings van ‘straight couples’, die landslied, slimfone en ‘fancy’ karre. Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ‘n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik Deurmekaar ontroer ‘n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind. Kaartjies te koop: https://www.ticketpros.co.za/portal/web/index.php/parent_event/45d5fa56-765f-0682-07e8-664f3f9291eb Geen o/14s 26 Sept - 13:00 27 Sept - 16:30 28 Sept - 16:30

New Message

Message contents to be displayed here