Glimlagfees is back, and on 2 October 2021 you can be smiling with company like Francois van Coke, Matthew Mole, Heuwels Fantasties, Riana Nel and more.
The East Rand's biggest festival, for the whole family. Combining the best music, amazing food, enjoyable crafts, massive beer tent and fantastic children's entertainment. Get ready for an unbelievable outdoor festival for all ages! All this while making a difference for the Smile Foundation, the official beneficiary for contributions from the festival.
If you are passionate about food, gin, crafts, beer, music and just having a good time, you do not want to miss this amazing family day!
Ná die Glimlagfees se reuse sukses in 2019, word dié fees nou vir die tweede keer, op Saterdag 2 Oktober 2021, by die Benoni Northerns Sports Club, aangebied.
’n Propvol program wat vermaak vir oud én jonk insluit, maak hierdie die perfekte uitstappie vir die hele gesin.
Kunstenaars soos Francois van Coke, Matthew Mole, Die Heuwels Fantasties, Riana Nel, Danny Smoke, Martin Bester en nog vele meer gaan feesgangers op hul voete hou.
“Ek sien baie uit om by dié fees te jol en ek hou van glimlag! Ek is opgewonde oor hierdie fantastiese glimlaggende party,” het Francois van Coke laggend gesê.
Hierdie fees is meer as net ’n musiekervaring want behalwe vir al musiekbederf, spog dié fees ook met hope stalletjies vir elke smaak. ’n Groot biertuin om die dors te les sal ook op die terrein wees en al die aksie op die verhoog sal van daar ook dopgehou kan word. Feesgangers kan ook gratis WiFi by die fees verwag.
Vir die jongspan sal daar hope vermaak, wat mallemeule insluit, aangebied word om ook hulle besig te hou.
Die feesbestuur maak ook voorsiening van veilige parkering sodat feesgangers met rustigheid die dag kan geniet.
’n Persentasie van elke kaartjie wat verkoop word, word aan die Smile Foundation geskenk. Dié organisasie spits hulle daarop toe om kinders met gesigsprobleme by te staan.
Tickets: https://bit.ly/2R2dCMp